KriTensie

Wynproe by Wine On Main in Kaap Agulhas

Die mees suidelike punt van Afrika, die mees suidelik kafee op die Afrika kontinent en dan moet daar natuurlik ook mos iewers hier die mees suidelike wyn winkel wees.

Wine On Main is die mees suidelike wyn winkel op die Afrika kontinent en is geleë in die hoofstraat van Kaap Agulhas. Hier kan jy daagliks gaan wynproe of sommer maar net wyn by die glas of bottel drink soos jy jou vingers aflek terwyl jy besig is om een van hulle “Cheese & Charcuterie Platters” te geniet.

Hulle het ‘n groot verskeidenheid wyne waarvan jy kan kies, insluitend wyne uit die L’agulhas streek, Bier, Whiskey, Gin, en nog vele meer.

As jy in, of om Kaap Agulhas is, onthou om te gaan wynproe by hierdie spogwinkel.

Thank you very much for the video. I really appreciate it. You are a good photographer/videographer.

Theresa – Wine On Main Eienaarres
Wine On Main Kaap Agulhas
Wine On Main Kaap Agulhas

Kontakbesonderhede:

Epos: Theresa@wineonemain.co.za
Kliek hier vir Wine On Main Facebook
Kliek hier vir Wine On Main Instagram

Leave a Reply

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde gemerk met *