KRIT TV,  Wes-Kaap

Tafelberg is nie ‘n sewe wonder van die wêreld nie

Was jy onder die indruk dat Tafelberg een van die nuwe sewe wonders van die wêreld is? Dan is jy verkeerd.

Tafelberg is een van die… Nee, Tafelberg is die grootste toeriste attraksie in die Kaap en daar gaan ongeveer 800 000 mense per jaar deur Tafelberg se hekke. Die kabbel karretjie is nie die enigste manier wat jy op hierdie berg kan kom nie, daar is baie flukse mense wat hierdie berg oor naweke uitklim.

Omdat hierdie berg so oud is, word daar gesê dat dit moontlik drie keer hoër was as wat dit tans is maar as gevolg van gronderosie staan hy nou net oor 1000 voet bo seevlak.

Deesdae doen almal wat genoem word die “Jerusalema Challenge” en ek het hier ook in een vasgeloop terwyl die groep hier besig was om te dans hier bo op die berg.

Jy kry sewe wonders van die wêreld en dan kry jy sewe natuurwonders van die wêreld. Tafelberg is een van die nuwe sewe natuurwonders van die wêreld.


Sewe Wonders van die wêreld

Groot Piramide van Giza – Egipte
Kolos van Rhodos – Rhodos
Hangende Tuine van Babilon – Babilon
Mausoleum van Halikarnassos – Klein-Asië
Vuurtoring van Alexandrië – Egipte
Zeus-standbeeld van Olimpia – Olimpia
Tempel van Artemis – Klein-Asië

Nuwe Sewe Natuurwonders van die wêreld

Iguazú-waterval – Argentinië
Hạ Long-baai – Viëtnam
Jeju-eiland – Suid-Korea
Tafelberg – Suid-Afrika
Komodo – Indonesië
Amasonereënwoud – Brasilië Puerto Princesa – ondergrondse rivier – Filippyne

Leave a Reply

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde gemerk met *