Afrikaans,  Shows

Spoegwolf – Wolf, wolf hoe laat is dit?

Die wolke begin saamtrek en nie lank daarna nie begin dit reën in Franschhoek, al wat kort is my sambreeltjie..

Dit het maar stadig afgeskop, die vertrek was donker en die atmosfeer was maar… Nie lank daarna nie begin Danie spoed vang nadat hy die gordyne oopgetrek het wat bietjie lig op die onderwerp gebring het.

Spoegwolf – Franschhoek Cellar

Daar was nie baie tyd by die kroeg gemors nie, Franschhoek Cellar was goed voorbereid met twee kroeë wat wyn slegs by die bottel verkoop het.

Spoegwolf

So tussen in praat Danie en noem dat hulle die nommer 1 band is, Spoegwolf se album Koma is die eerste Afrikaanse album wat nommer 1 op Itunes gehaal het. Net so oor ‘n uur word die laaste liedjie gesing. Dit was kort, klein en intiem!

Leave a Reply

Your email address will not be published.