Afrikaans,  Shows

Theuns Jordaan – Soos Nostalgie…

Theuns vat my terug na  Saterdae-oggende toe in my jonger jare, dit het gewoonlik begin met ‘n leë Theuns Jordaan CD kassie wat langs die radio lê, ‘n kompetisie tussen die JVC speakers en die stofsuier met ‘n Chesterfield filter wat iewers in ‘n asbakkie lê en die dak geel verf.

Die Barnyard Theatre sit in Tygervalley Shopping Centre, dit is eintlik maar ‘n Mall. Nou van die parkeerarea tot binne kon jy sien watter anties  gaan vir Theuns kyk want jy trek mos nou nie so aan om by die Spur te gaan eet nie.

Ek weet nou nie of drink hy sy tee met ys nie maar hy vat ‘n slukkie en die piering verander in ‘n kitaarkas. Hy praat so twee woorde en begin sing terwyl ek hier sit en wonder hoeveel van sy eie liedjies het hy ingepak want ek was nou al by ‘n paar “shows” gewees en weet nou al teen die tyd dat daar kan ook net soveel liedjies in uur gesing word.

Party ouens klink nou maar anders op ‘n verhoog as op die radio, hy klink eintlik nog beter. Waar gaan ons more sulke Afrikaanse musiek kry?

Pouse is verby en nou gaan ons die tweede uur binne en hy begin van sy bestes sing.

Theuns Jordaan
Theuns Jordaan – Beautiful In Beaufort-Wes

…of miskien was dit Beautiful in Beaufort-Wes wat my 10 jaar terug gevat het na daai dag wat ons deur Beaufort gery het van Bloemfontein af na Stellenbosch toe en ek het haar met daai liedjie laat weet het dat sy die mooiste vrou daai dag in Beaufort-Wes was. Ek weet nie.. Wel, die koffie is nou koud maar die huis is darem skoon.

Leave a Reply

Your email address will not be published.