Gedigte

Skrikkeljaar!

Wanneer die girls mos die ouens uit vra

Met ongeslypte liefde en spyt
wil jy die vraag net opfrommel
en in die asblik smyt

Terwyl jy jou moue opvou
staan daai vraag hier langs jou
“Will you be me valentine?
Tonight I will call you mine”

Twee honger harte
maar…
die skrif is teen die muur
tog sit jy nou hier!

Wine en Dine met jou Valentine

Te moer met die rooi vlae
waaraan jy jouself blindstaar
Wie sou nou raai
dat dinge so sou uitdraai

As jy die slagyster vermy
Koes!
Hier kom nog ‘n
“Happy Valentines Day”
WhatsApp verby

Maar vir die wat ware liefde vuur
is geen prys op die tafel te duur.

Valentines Day

Leave a Reply

Your email address will not be published.