Lefra Kelderkonserte

Pieter Smith sing van Haas das tot Stukkie vd Merwe

Dit is Vrydagaand en boetie moet die dubbelbedkombers gaan haal terwyl sussie die flitslig gaan soek. Die oudste, ook gewoonlik die aanhitser, wag by ligskakelaar vir almal om hulle plekke in te neem sodat die aand kan begin. Spookstories, ons almal ken die storie. Maar wat van ‘n spook liedjie?

Pieter Smith vertel hoe lief hy is vir ou Afrikaanse musiek, dit is tradisie en saam met dit kom ook baie nostalgie. Ouens soos Chris Blignaut en Danie Bosman het dekades gelede die fondasie gegrawe.

Chris Blignaut
Danie Bosman

Spook liedjies was in vorige jare geskryf en opgeneem, in die 50’s het Koos Ras die bekende Dis te Vêr om te ry oorgeskryf en die liedjie toe nou “Spoke” genoem.

Pieter het baie gereis in sy lewe en het ‘n groot liefde vir die dorpe waar hy homself al in bevind het, elke dorp het vir hom betekenis en daarom is hy baie lief daarvoor om dan liedjies hieroor te skryf. Pieter en sy vrou het getrou in Lambertsbaai waar baie van sy vriende woon en hy is so lief vir hulle dat hy nou toe ook die liedjie Lambertsbaai geskryf het.

Hy het groot geword in Potchefstroom en het toe gaan musiek studeer in Pretoria. Dit is hier waar hy vir, nou bekend as FATMAN ontmoet het. Hulle het vir so 5-6 jaar saam in ‘n orkes gespeel en verskeie optredes gedoen. Sy pa was ‘n skoolhoof in Stilfontein en Pieter het baie hier ook opgetree. Dit is hier waar hy ‘n ou gewaar het met ‘n das om sy kop wat uit sy Opel Monza se kattebak gedrink het, en kort daarna het hy die liedjie Stukkie Van Der Merwe geskryf.

Koos Ras
Pieter Smith

Pieter was ‘n lid van die groep Ses Snare onder baie ander bekendes en het die liedjie toe aan hulle gaan voorlê en gevra of hulle dit kan sing. Ongelukkig vir Pieter het Matthys Roets nee gesê want die liedjie was te kommin. So, toe kry hy die mees komminste  band in Suid-Afrika, DJ Ossewa, en hulle het toe die liedjie saam met hulle opgeneem.

Die Van Loveren wyn het oopgeloop in die Lefra Kelder maar moet nie dink dat dit vir Pieter gekeer het nie, want daar is tog net een manier hoe jy die Gat In Die Grond liedjie soos hy sal kan sing. Pieter het sy geheim gedeel, al wat jy moet doen is, swaai jou linkerarm in ‘n halfmaan beweging links, buk af, tel die wynglas op en vat ‘n slukkie. Nou gewoonlik laat dit jou oor jou woorde val en dit sou jou nog ‘n slukkie kos, maar nou ja… Daar het jy dit, so maklik soos dit!

Hierdie Kelderkonsert is op heruitsending tot Maandag die 17de Augustus. Kry jou kaartjie nou: www.lefra.com / www.itickets.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.