Afrikaans,  Avontuur

…van Tronk Voëls na Panty Bar -Paternoster Hotel

In die vroeë jare was vrouens nie toegelaat in ‘n kroeg nie en dit is waar dit alles toe nou begin het” vertel Willem..

Die gebou was opgerig in 1863 maar hierdie was nie altyd ‘n hotel met ‘n watergat vir vakansiegangers nie.Tussen 1863 en 1939 was die nou bekende Paternoster Hotel met sy panty bar ‘n tronk, poskantoor en in die jaar 1940 omskep in ‘n hotel.

Die eerste panty is opgehang in 1973, daar het ‘n getroude paartjie daar aangekom en hulle het gesê dat sy mag binnegaan maar sy moes eers haar panty uitrek en teen die dakkap ophang. Dominee was bewoë en ek kan net dink dat hy nie sulke goed kon toelaat in sy dorp nie. Ag jong, en nie lank daarna nie was die panties toe nou afgehaal in 1988.

Soos Willem sê “daar was issues”.

In 1995 was die eerste honeymoon panty weer opgehang en van daar af was dit toe nou weer ‘n “Honeymoon / Legend” soos Willem dit noem. Willem beweer dat Tequila nou nie altyd die oorsaak hiervan is nie maar dit kan soms dinge so bietjie aanmoedig.

“Nee, ons vat glad nie onties nie en elke drie maande haal ons die panties af en dan word dit gewas. O ja, ons snuif ook nie die panties nie en Karlien van Jaarsveld se panty hang ook hier iewers”…

Foto: Willem – Barman

Leave a Reply

Your email address will not be published.