Oor Die Krit

Oor Die Krit

“Nee, ek dink nie dit is vir my nie, dankie maar ek gaan nie saam nie” was my antwoord op talle verskillende uitnodigings. So het ek besluit dat iets nie vir my was nie sonder om dit self te probeer.

Dae word weke, weke word maande, maande word jare. En toe ek my oë uitvee het ‘n dekade verbygegaan.

Ek was eendag uitgenooi saam ‘n vriendin en haar man en wou ook nie rêrig die oggend gaan nie. Toe ek myself kry sit ek op die grasperk van Meerendal-wynlandgoed by ‘n musiekfees en was omring deur duisende mense. Min het ek toe hier geweet hoe dit my lewe van hier af vorentoe sou verander.

‘n Week daarna het verbygegaan en ek het besef dat ek drasties ‘n plan sal moet maak om my lewe, te begin lewe. Hoe kan ‘n mens dan eendag doodgaan as jy nie rêrig lewe nie?

‘N Facebook-bladsy later en Die Krit is gebore met die doel om my ervarings met ander te deel wat net soos ek, nie eintlik lewe nie. Die bladsy het volgelinge gegenereer en het my toe op ‘n goeie manier gedwing om dinge daarbuite te gaan doen.

In ‘n kwessie van ‘n paar maande het my lewe baie vinnig verander en so het ek toe uiteindelik ook, my lewe, begin lewe.

– Charl van Tonder

Leave a Reply

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde gemerk met *