Oor Krit TV

‘n Nuwe Begin

Dit is hartseer om te dink dat ons lewe in ‘n tyd waar tegnologie so oorgeneem het . Ons sal graag eerder ‘n video wil kyk van 5 minute lank as om twee paragrawe te lees. Ek weet, ek is ook skuldig hieraan.

In die verlede het ek feeste bygewoon, plekke, en dinge gaan sien en wou die ervaring met jou deel. Ek het baie lank hieroor gaan sit en dink en was gelos met een van twee keuses. Of ek los Die Krit, of ek begin Vlog.

Ek is glad nie lief vir enige tipe kamera nie en dit het hierdie besluit vir my baie moeilik gemaak, veral omdat ek so sit en kyk na alles wat ek met myself foutvind. Ek het toe nou besluit om die kamera in die gesig te staar.

Hierdie is nie net ‘n nuwe begin vir Die Krit nie, maar ook vir myself. Soos ek op hierdie  “journey” gaan help dit my om karakter te bou en ook bietjie anders, of meer gemaklik, na myself te kyk.

My eerste episode wat ek gaan skiet het was by Kaap Punt. Daar het soveel daar verkeerd gegaan dat ek nie geweet het of ek dit met jou gaan deel nie. Weereens, is ek my ergste Krit. Ek moes myself herinner dat ek nie perfek is nie, ons almal maak foute, solank jy daaruit leer en verbeter.

Krit TV

Ek is bang en opgewonde op dieselfde tyd. As jy besluit om saam met my te kom dan hoop ek dat jy dit netsoveel soos ek gaan geniet.

Moet nie dink dat almal in jou lewe jou gaan ondersteun nie, selfs die mense van wie jy dit die meeste sou verwag nie. Goeie vriende is skaars en daarom wil ek dankie sê vir Pieter en Monique, ek waardeer al julle ondersteuning.

Leave a Reply

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde gemerk met *