Lefra Kelderkonserte

My Pa

Vadersdag!

Geskenke en handgemaakte kaartjies met getekende harte wat boaan iewers lees “Ek is lief vir Pappa”  en twee stok mannetjies langs iets wat lyk soos die huis waarin julle bly met Wagter die hond wat ook daar iewers staan en blaf. Ja, Vadersdag, dis die dag van liefde maar dit is nie die geval in alle huishoudings nie. In sommiges is dit maar net nog ‘n doodgewone Sondag.

My Pa Lefra Kelderkonserte

Gert was nie lief vir baie dinge nie. Hy was wel lief vir sy vrou Karen, sy seun Heinrich, sy kommin drinkebroer Stefan en natuurlik die Blou Bulle. O ja, en Tequila!

Gert kon nie wag vir Heinrich om vinnig genoeg op die punt te kom van sy lewe waar hy ‘n rugbybal kon vashou en op die veld uitdraf nie. Van jongs af was Heinrich die ster op die veld met al die drieë wat hy vir die span gedruk het, maar dit was nie altyd so maklik vir Heinrich nie.

Sy pa Gert het hom baie in die steek gelaat voor sy spanmaats. Heinrich het gereeld met sy kop in skaamte van die veld af gestap, nie omdat hulle noodwendig verloor het nie maar omdat sy pa die lyn oorskry het.

Na ‘n groot sports besering het Heinrich vir sy pa gesê dat hy nie meer wil rugby speel nie. Verras, kyk Gert na hom en vra “Maar wat van uitdraf vir die Bokke?”. Toe die realiteit inskop het Gert besef dat Heinrich sy onvoltooide droom uitleef en het hom toe soos met die rugby, ondersteun in hokkie.

Gert het op ‘n jong ouderdom begin rook en dit het hom begin inhaal, longkanker! Terwyl hy die tyd in die hospitaalbed spandeer, het sy gewete hom begin pla en hy vir homself  toe gevra “Is ek my kind se held?”.

Nie lank daarna nie tel Stefan vir Gert op, skelmpies ry hulle daar weg en Gert spandeer ‘n hartroerende laaste oomblik saam met sy seun in sy kamer. Gert se groot droom was om vir oulaas ‘n drie vir sy seun Heinrich te druk, min het hy geweet dat Heinrich die een sou wees wat die laaste drie gaan druk.

Cobus Venter

Of jy nou soos ek tas gepak gesit en wag het op die stoep vir ‘n pa wat nooit opgedaag het nie, en of jy die perfekte pa-figuur gehad het, kan ons almal iets by hom leer. Vandag het ek vir my pa gesê: “Jy weet seker dat hierdie die eerste Vadersdag is wat ons saam spandeer? Soms moet ‘n mens vergeet van dit wat kon wees, en werk aan dit wat kan wees”.

My pa is my held! Hy het my geleer hoe om nie eendag, ‘n pa te wees nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published.