KRIT TV,  Wes-Kaap

Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, en die twee oseane

Kaap Agulhas staan baie ver agter in die ry wanneer dit kom by die aantal toeriste wat hulle kry per jaar. Die rede hiervoor? Wel, baie is onder die indruk dat Kaappunt die mees suidelike punt van Afrika is, en ander glo ook weer dat die twee oseane daar bymekaarkom.

Daar was soveel hoendervleis oomblikke wat ek hier beleef het, elkeen net ‘n paar kilometer weg van mekaar af.

Eerstens, het ek vir die eerste keer in my lewe ‘n ligtoring in werking gesien. Hierdie ligtoring is die tweede oudste ligtoring op ons kuslyn en natuurlik ook die mees suidelike ligtoring op die Afrika kontinent. Gebou in 1848 en sy lig het vir die eerste keer geskyn op 1 Maart 1894.

Waar kom die Indiese en die Atlantiese oseane amptelik bymekaar? Net hier. En waar is die mees suidelike punt van Afrika? Ook hier. Dit is nogal iets om te dink, dat wanneer jy hier staan dat Afrika of voor jou, of agter jou kan lê, dit hang maar net af na watse kant toe jy jou rug draai.

Na ‘n langpad se ry tot hier, het ons gestop by Wine On Main, hulle het hier van die beste wyne en lekkerste kaas kombinasie vir ons voorgesit.

Die Meisho Maru Nr.38 was hier gestrand in 1982 en daar is nog oorblyfsels van hierdie wrak wat jy vandag nog kan sien, vir hoe lank dit nog hier gaan wees kan ek ongelukkig nie vir jou sê nie maar of dit nog ‘n dekade gaan maak, wel, tyd sal leer.

Wanneer jy jouself hier bevind, onthou om jou voete in die water te sit en vir jouself te voel, of die waters hier, werklik warmer is.

Verblyf:
Kontak Persoon: Steve van der Spuy
Eenhede:
Rus ‘n bietjie: 4 bed R800 PN.
Kyk ‘n bietjie: 2 bed R600 PN.
4 Persone: R800
2 Persone: R600
Epos: sjvdspuy01@gmail.com

Wine On Main
Epos: theresa@wineonmain.co.za
Kliek hier vir Facebook
Kliek hier vir Instagram

2 Kommentare

  • Steve van der Spuy

    Baie goed gedoen.
    Baie min mense weet dat die Suidpunt in Afrika die gebied is waar die twee oseane geskei word. Dit is ook die gebied waar die kompasnaald vroeer jare totaal deurmekaar geraak het, een van die redes hoekom soveel wrakke in die gebied gevind word.

    • Charl van Tonder

      Goeienaand Steve,

      Dit is baie waar ja, en natuurlik hartseer vir Kaap Agulhas se toerismebedryf.

      Ek het gewonder oor die wrakke. In my eerste VLOG wat ek gaan doen het was ek by Kaappunt, alhoewel daar ‘n ligtoring was, het dit nie veel gehelp nie omrede hy te hoog gebou was so wanneer dit mistig word kon die skepe nie die toring sien nie.

      Die ligtoring in Kaap Agulhas is baie laag so ek het gewonder hoekom daar soveel skepe hulle daar vasgeloop het.

      Nou het ek ook iets geleer. Baie dankie dat jy dit hier met ons gedeel het.

      Vriendelike Groete
      Charl

Leave a Reply

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde gemerk met *