Afrikaans,  Shows

Jack Parow – Langebaan

Langebaan is deesdae bekend vir rugby spelers, bakstene, sports karre en pistol whippers… Maar vanaand vat Jack Parow die kollig oor!

Vroeg-Vroeg begin die P’s rondvlieg hetsy dit nou pette of woorde was. Hy noem ook dat hierdie wel sy laaste optrede by Flamingo’s Night Club Langebaan sal wees. Hy raak diep en vertel hoe hy voel oor die wat nie van hom hou nie… Was net nog ‘n groot vet P..

Jack Parow Langebaan
Jack Parow Langebaan – Hosh Tokolosh

‘n Dekade gelede bring hy sy bekende space case liedjie uit (Cooler as Ekke) en raak toe elke enkel Ma se grootste nagmerrie. Hy sing saam met Die Antwoord en los almal met vraagtekens…. Jy vermy Jack Parow soos ‘n stopstraat en toe jy weer kyk staan en kyk hy vir jou in die bottelstoor in die vorm van ‘n bottel brandewyn.

Ek sou nooit kon vorentoe kyk en dink dat ek dit ooit sou sê nie maar daar was tog lig aan die einde vir wat gelyk het soos een lang donker tonnel.

Wat was langer as Jack Parow se hoed? Die tou by die kroeg.

Hy blaas ‘n Vuvuzela saam met die Kalahari Orkes en almal begin saamsing oor hoe lus hulle is om te braai. Hy gaan doen ook ‘n treffer saam niemand anders as die Die Klipwerf Boereorkes nie.

Blaas Jou Vuvuzela – Radio Kalahari Orkes (Feat. Jack Parow)
Dans Met My – Jack Parow & Klipwerf Orkes

Daar sal beslis ‘n leemte in Afrikaanse musiek wees sonder Jack Parow en vir sommiges in die bar.

Leave a Reply

Your email address will not be published.