Lefra Kelderkonserte

Helene Bester Sing Nana Mouskouri

Vandag nog ken ons die mitologiese figure in Griekse Mitologie. Elke god en godin met sy spesifieke doel.

Die groot god Zeus wat getroud was met Hera was nie alleen nie. Hy het ook magtige broers en siters gehad, van Poseidon tot Hades en het op ‘n stadium ook pa geword, van baie ander helde. Blykbaar was daar ‘n lootjiestrekkery en so het Zeus die god van die lug en donderweer geword.

Dit is ‘n baie lang storie maar kortliks, hoe dit blykbaar gebeur het is dat na ‘n goeie daad het die siklope vir Zeus die donderweer en die weerligstraal gegee wat in hierdie tyd weggesteek was. Baie gode was toe onttroon deur Zeus en sy familie en hy het toe daarna die wêreld met sy  oudste broers Poseidon en Heides gedeel.

Dit is ‘n lang lys, die lys van die Griekse gode, daar is alhoewel een Griekse god wat nie hier genoem word nie, en dit is, die Griekse god van musiek, Nana Mouskouri.

Na groot publieke aanvraag het Helene Bester verlede Sondag haar tweede verskyning gemaak in Lefra se Kelderkonserte reeks.  Helene wou nog altyd Nana Mouskouri se musiek sing. Ek is vas oortuig dat hierdie nie ‘n ligtelike besluit kon wees om te maak nie.

Nana Mouskouri staan bekend as die white Rose Of Athens, en net soos sy staan Helene bester ook bekend as die “wit swaan van springs”.

Die Griekse Sangeres Νάνα Μούσχουρη (Nana Mouskouri) was gebore in die jaar 1934. Nana was die jongste van twee susters en het op die ouderdom van ses al reeds begin sing. Sy het saam met haar suster ingeval by die musiek  Konservatorium in Athene maar ongelukkig het finansies dit nie verder toegelaat dat albei verder hier kon studeer nie. Nana se suster was die mees talentvolle een tussen die twee maar Nana het groter passie getoon.

Hulle ouers het toe die sang onderwyser geraadpleeg oor wie moes bly. Was daar dan net soos met die gode, hier ook, loodjies getrek?

Die nou 85-jarige Nana Mouskouri het in haar loopbaan meer as 200 albums vrygestel, en van hulle was in dertien verskillende tale opgeneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published.