Lefra Kelderkonserte

Elke Ander Duim ‘N Dame

Baie mans sukkel met hulle persoonlikheid, miskien is dit ‘n identiteitskrisis, ek weet nie. Wanneer hulle by die kroeg sit dan hoor jy baie van hulle sê “My Persoonlikheid lê aan die onderkant van die bottel”. So, waar lê ‘n dame se persoonlikheid dan, is dit in haar man se BMW of is dit dalk in die skoene wat sy dra? Ja, Skoene! Skoene kan jou baie vertel van ‘n persoon as jy net wil luister. Skoene jok nooit nie!

As die skoen jou pas, koop hom dan in elke kleur! En as jy dit nie kan bekostig nie is ek vas oortuig  dat daar ‘n kaartjie iewers daar buite is met jou naam op!

“You don’t need money to spend money”
– Lizz Meiring

Wanneer jy nou met jou nuwe paar skoene op pad is na oer vrou se huis toe en jy sien daar op die horison hang ‘n stofwolk dan moet jy weet dat die spinnerakke nou finaal iets van die verlede is. Mamma het behoorlik daar ge “spring clean” en teen more die tyd wanneer die stof gaan lê het, word daar ook nie meer bloed deur pappa se are gepomp word nie. Sy hart gaan dit eenvoudig net nie kan hanteer nie!

Anyway, ja pappa mag dalk oud wees maar ek is seker hy skiet ‘n ding nog raak, maar Cupido! Haar oog-hand  koördinasie is so uit wanneer sy onder die prop is dat selfs fyndraai vir haar reguit lyk. As jy deur baie mislukte verhoudings in jou lewe was dan moet jy nie te hard op jouself wees nie, blameer dit op Cupido!  Ek meen, sy het selfs haar vere verloor en was op ‘n kol teruggeroep toets gronde toe. Sy het dit nie gedoen vir die geld nie, maar vir die liefde van die saak.

Nou vra ek myself, waar het alles dan skeefgeloop? Miskien was dit asvrouedeeltjie se skuld want daai storie het nou in ‘n regte orgie geëindig, so dat selfs pappa sou net skiet omdat skiet-skiet is met die hoop…

“Kies, skiet, en skedaddle”
– Lizz Meiring

As jy nou teen die tyd nie vir Lizz Meiring ken nie het jy beslis ‘n gat in jou opvoeding. Vir jare het sy ons vermaak op die televisie in verskeie sepies en flieks. In haar komiese eenvroustuk speel sy die rol van ses verskillende karakters. Soos ons haar ken het sy nie op haar mond geval nie en sê hom soos hy is!

“Dit is absolute onbeskaamde, onverdunde vermaak”
Lizz Meiring

Soos die skoen vrou sê, op die einde van die dag is ons almal uniek. Kies jy die skoen, of kies die skoen jou? Jou storie is jou storie! Dit sit nie in enige een se skoene nie!

Ondersteun  Lefra se Kelderkonserte en kom lag ook sommer lekker hard saam. Vir die volgende paar dae is hierdie produksie op heruitsending beskikbaar tot en met Maandag die 10de Augustus 2020.  

Bespreek hieronder:

Lizz Meiring – Elke Ander Duim ‘N Dame – Lefra Se Kelderkonserte

Leave a Reply

Your email address will not be published.