DJ Tanya Vee Onderhoud By Grand Africa Rising’s First Thursday met Prince Kaybee
Tanya Vee is een van Kaapstad se house DJs en was die eerste DJ op die lys by November se Grand Africa Rising First Thursday event met Prince Kaybee.
Sy het op die ouderdom van 5 jaar begin klavier speel maar dit was nog nie daar waar sy haar passie vir musiek ontdek het nie. Na jare verbygegaan het, het sy eers gewerk as ‘n danser in nagklubs. Dit was haar liefde vir musiek wat haar tot hier gebring het.
In 2012 het ‘n rekord maatskappy haar genader en gevra of sy nie die stem in een van hulle liedjies wil wees nie. Alhoewel sy toe redelik betrokke was in musiek was dit eers in die jaar 2017 wat sy haar Pioneer DJ kursus gaan voltooi het.
Van hier af het haar musiekloopbaan spoed gevang. Sy het onder andere gaan speel in Vietnam en was ook al op verskeie radiostasies in Suid-Afrika en is gereeld iewers besig om musiek te maak.
Kliek hier vir: Tanya Vee Facebook
Kliek hier vir: Tanya Vee Instagram
Kliek hier vir: Tanya Vee Youtube

