KRIT TV,  Wes-Kaap

Die waarheid agter Kaappunt, die twee oseane, en die suidelike punt van Afrika

Baie mense glo dat dit hier is waar of die twee oseane bymekaar kom. Ander glo weeer dat dit die mees suiderlike punt van Afrika is. Watse een is reg?

Hierdie was my eerste vlog wat ek gaan skiet het. As ek hierna kyk dan weet ek nie of daar nog iets meer is wat hier kon verkeerd gaan nie.

Ek is my eie grootste krit. Ek was hier by die eerste ligtoring reg om tou op te gooi. Na 20 probeer slae en baie aanmoediging van die kant af, het ek oorleef. Ja, ek was gefrustreerd, angstig en baie hard op myself. Die eindproduk, nog ‘n groter flop. Die kamera was nie reg gestel nie, ek het nie genoeg afgeneem nie en so kan ek hier aangaan vir lank. Maar, ek deel my foute met jou, ons is nie perfek nie, en daar is niks daarmee fout nie. Moet nooit opgee na jou eerste probeerslag nie. Just keep on, keeping on!

Kaappunt is vol geskiedenis en tot vandag toe seker een van die mooiste plekke wat ek al in die Kaap, gesien het.

Was jy al by Kaappunt? Praat saam hieronder.

Leave a Reply

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde gemerk met *