Lefra Kelderkonserte

Country Legendes

Die Country Legendes Kelderkonsert wat aangebied is deur Lefra se Kelderkonserte program vat my terug na daardie Sondae waar die FMpie in die kombuis se vensterbank staan en musiek vir die yskas speel terwyl die potte op die stoof prut en die kinders buite in die straat kon ruik dat iewers word daar lekker kos gemaak.

Country en Sondae loop mos maar hand-aan-hand. Of jy nou in die kombuis staan en kosmaak en of jy om die braai vuur gesellig is, bly dit ‘n treffer!

Country Legendes – Lefra Kelerderkonserte (Lefra Produksies)

Suid-Afrika se eie Kenny Rogers skop die konsert af. Frans Swart die Besturende Direkteur van Lefra verwys steeds na hom as die “Big Daddy” van Country, soos wat baie hom ook geken het.

Met die legendes en musiek wat gevolg het was dit nie moeilik vir my om my oë op die kassie te hou nie. Wat aanlyn konserte anders maak as die waaraan ons gewoond is, is die feit dat jy verantwoordelik is vir die gees, en of jy dit nou soos ek alleen gekyk het, en of jy dit saam met vriende geniet het was dit nie moeilik nie.

Lance James en Barbara Ray, SA se eie Kenny en Dolly

Dit is hartseer wanneer die vermaaklikheidsbedryf moet afskeid neem van legendes soos Lance James. Hieronder deel ek graag met julle Frans Swart se hulde aan sy vriend Lance James. Die goeie musiek wat hulle agterlaat word nooit oud nie en sal altyd bly leef.

Ek deel graag die hoogtepunte van my ervaring met jou vanuit my sitkamer.

Country Legendes Hoogtepunte
Frans Swart bring hulde aan sy groot vriend Lance James

Volgende Sondag Op Lefra se Kelderkonserte

Binnelanders se vroueslaner Ferdi du Toit laat sak sy vuiste Sondag die 21st Junie in die drama “My Pa”. Frans Swart gesels hier met Cobus Venter oor die drama My Pa.

Frans Swart praat met Cobus Venter oor die drama My Pa.

Besoek www.lefra.co.za vir meer inligting.

Het jy die konsert gekyk? Raak deel van die gesprek en deel gerus jou ervaring met ons hieronder.

Leave a Reply

Your email address will not be published.