Lefra Kelderkonserte

Beautiful Noise

Beautiful Noise… Oksimoron?

Hierdie Sondag was dit Alwyn Oberholster se beurt om ‘n draai op Lefra se Kelderkonsert te maak. Nie net was daar gesing nie, Frans Swart en Alwyn het ook bietjie meer gedeel oor Neil Diamond se geskiedenis en hoe ‘n paar liedjies ontstaan het, onder andere daai bekende een “Beautiful Noise”.

Nou kyk, of jy nou daarvan hou of nie, Neil Diamond se liedjies kan ‘n mens se gedagtes so bietjie laat dwaal! Veral wanneer jy alleen sit met ‘n glas wyn of whiskey in die hand het en luister na  I am.. I said… wat daar iewers in die agtergrond speel! Nie net bring van sy liedjie verlange nie, maar daar is ook daai soos Sweet Caroline wat jou voete laat jeuk en jy wil sommer begin dans.

Alwyn het op die vroeë ouderdom van 6 begin sing en vandag bring hy hulde aan Neil Diamond. 

Ek glo dat dit nie enige een is wat ‘n mikrofoon kan optel en hierdie legende se liedjies sing nie. Wat dit seker nog moeiliker moet maak is die feit dat Alwyn glad nie die gehoor se reaksies kan lees nie. Ek voel dat Alwyn het hom hier goed van sy taak gekwyt met hierdie uitstekende vertoning.

Nie net sal ‘n ek goeie show onthou nie, ek vat ook sommer ‘n paar feite wat ek hier geleer het saam na die volgende musiek vasvra-aand. Hieronder in ‘n onderhoud vertel Neil dat dit wel sy dogter was, wat hom geïnspireer het, om die liedjie Beautiful Noise te skryf. 

Volgende week gaan ons Broadway toe met Gregg Pettigrew se Shades Of Broadway!

Leave a Reply

Your email address will not be published.